CURRICULUM VITAE - OSCAR EHRENSPERGER

 

Oscar se missie is om kinders van God deur sy musiekbediening in Jesus te bemoedig en ander vir Jesus se Koninkryk te wen.

 

 

Oscar is gebore in Wynberg , Wes-Kaap, op 28 Oktober. Hy was op laerskool in Hopetown, waarna hy sy hoërskool opleiding voltooi het in Newcastle, Kwa Zulu Natal.

Nadat Oscar vir agt jaar verbonde was aan die Departement van Justisie (Klerk van die Hof, Staatsaanklaer en Assistent-Landdros) het hy verder studeer aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg, waar hy die grade BA en LLB behaal het in onderskeidelik 1976 en 1978. Hy het daarna vir tien jaar as prokureur in sy eie privaat praktyk gepraktiseer in Pietermaritzburg tot 1990. Oscar is sedertdien in ‘n voltydse Evangeliese sangbediening en baie dankbaar vir die genade van 29 jaar. 

 

 

In 1976 is hy getroud met Erica en hulle het twee dogters, Isabella en Ilse.  Die gesin woon sedert  April 2003 in Mosselbaai.

 

 

Oscar tree ook internasionaal op. Hy sing dikwels by verskeie gemeentes in die VSA in o.a. Athens en Hunstville, Alabama asook South Carolina. Hy het ook gedurende Oktober 2003 in Perth, Australië, opgetree en die lof en aanbidding gelei by die Keswick Konvensie.  Hy het ook gedurende Mei 2009 ‘n suksesvolle bedieningstoer gehad in Kanada en verskeie toere in die VSA gedurende 2016, 2017, 2018 en 2019. 

 

 

Oscar bedien interdenominaal in verskeie Afrikaanse sowel as Engelse kerke, skole, Herlewings-Kongresse, Konvensies, Paaskonferensies, Pinksterdienste, gevangenisse, manne- en vrouekampe, ontbyte ensovoorts. Hy het bv.gedurende 2009 in 21 gevanggenisse bedien en bedien elke jaar steeds verskeie gevanggenisse. Tans is sy fokus om by skole die leerders te bemoedig met die Evangelie. Gedurende 2018 is ongeveer 15000 leerders en gevangenisse gedurende Mei, Augustus en September alleen bereik. Alle eer aan God!

 

 

Oscar is sedert 1982 lid van die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika. Gedurende 1988 was hy deel van die Gideons se Internasionale Uitbreidingsaksie-bybelplasing in Brasilië. Hy het ook twee Internasionale Gideon Konvensies in die VSA bygewoon by Denver,CO en Nashville,TN. 

 

Hy was ‘n Radio Kansel aanbieder van die programme Music with a Message, Mosaiek, Spektrum en Into Thy Presence  vir ongeveer 12 jaar.

 

 

Drie-en-twintig solo-musiekalbums [CD's] van Oscar is reeds deur Oscar Music Ministries uitgereik, asook twee DVDs :

 

 

1. Brother to Brother                          14. Heaven    

2. Gospel Favourites                            15. Holy Night                             

3. The River                                    16. Breakthrough

4. It's a Miracle                               17. DVD: Live at Memphis, TN, USA

5. My Kind [Afrikaans]                         18. Praise & Worship Vol 3 (dubbel CD)   

6. Brighter Day                                19. Moods of the Mountain DVD  

7. Praise & Worship Vol 1[Re-issue]          20. Gospel Favourites Vol 2 

8. Praise & Worship Vol 2                     21. Praise & Worship Vol 4 – [DES 2013]

9. Enjoy the Journey                          22. HOPE CD [vrygestel in April 2015]

10. That's my Jesus                          23. WYS MY DIE PAD CD - [Maart 2016]

11. Lof & Aanbidding [dubbel CD]            24. BEST OF OSCAR VOL 2 [Junie 2017]

12. Best of Oscar Vol 1                      25. HALLELUJAH [opnames in 2019]

13. 24 Original Songs [dubbel CD]                 

 

 

OSCAR SE VOLLEDIGE KATALOGUS IS OOK AFLAAIBAAR OP SY WEBBLAD (snitte en/of volledige albums)  (luister gerus op hierdie WEBBLAD na die klankmonsters van musieksnitte).