Oscar CV (Afrikaans)
CURRICULUM VITAE - OSCAR EHRENSPERGER
Oscar se missie is om Kinders van God deur sy musiekbediening in Jesus te bemoedig en ander vir Jesus se koninkryk te wen.
Oscar is gebore in Wynberg , Wes-Kaap, op 28 Oktober 1948. Hy was op laerskool in Hopetown, waarna hy sy hoërskool opleiding voltooi het in Newcastle, Kwa Zulu Natal.
Nadat Oscar vir sewe jaar verbonde was aan die Departement van Justisie (Klerk van die Hof,Staatsaanklaer en Assistent-Landdros) het hy verder studeer aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg, waar hy die grade BA en LLB behaal het in onderskeidelik 1976 en 1978. Hy het daarna vir tien jaar as prokureur in 'n privaat praktyk gepraktiseer in Pietermaritzburg tot 1990. Oscar is sedertdien in ‘n voltydse geestelike sangbediening.
In 1976 is hy getroud met Erica en hulle het twee dogters, Isabella en Ilse. Die gesin woon sedert April 2003 in Mosselbaai.
Oscar tree ook internasionaal op. Hy sing jaarliks by verskeie gemeentes in die VSA in o.a. die state Missourri, Tennessee, South Carolina en Georgia. Hy het ook gedurende Oktober 2003 in Perth, Australië, opgetree en die lof en aanbidding gelei by die Keswick Konvensie. Oscar se CD's word ook dikwels oor die NieuZeelandse Christen Radiostasies gespeel.Hy het gedurende Mei 2009 ‘n suksesvolle bedieningstoer gehad in Kanada.Asook ‘n geseënde bediening in VSA in Oktober 2009.
Oscar bedien interdenominaal in verskeie Afrikaanse sowel as Engelse kerke, skole, Herlewings-Kongresse,Konvensies, gevangenisse, manne- en vrouekampe, ontbyte ensovoorts.
Oscar is sedert 1982 lid van die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika. Gedurende 1988 was hy deel van die Gideons se Internasionale Uitbreidingsaksie-bybelplasing in Brasilië. Hy het ook twee Internasionale Gideon Konvensies in die VSA bygewoon.
Hy was ‘n Radio Kansel aanbieder van die programme Music with a Message, Mosaiek, Spektrum en Into Thy Presence vir ongeveer 12 jaar.
Oscar se vrystellings is die volgende:
1. Brother to Brother
2. Gospel Favourites
3. The River
4. It's a Miracle
5. My Kind [Afrikaans]
6. Brighter Day
7. Praise & Worship Vol.1 [Dubbel CD]
8. Praise & Worship Vol. 2
9. Enjoy the Journey
10.That's my Jesus
11. Lof & Aanbidding [Dubbel CD]
12. Best of Oscar
13. 24 Original Songs [Dubbel CD]
14. Heaven
15. Holy Night
16. Breakthrough [ vrygestel Julie 2007]
17. DVD : Live at Memphis, Tennessee,USA
18. Praise & Worship Vol 3 [Dubbel CD] [(Des 2010)
19. Mood of the mountain DVD [2010] 20. Gospel Favourites Vol 2 [Dubbel CD- Jan 2011]20. Gospel Favourites Vol 2 [Dubbel CD] [Jan 2011]
Vir optredes of bestellings kan OSCAR MUSIC MINISTRIES gekontak word by :
Tel: (044) 690 7820/ 084-5807532
Faks: (044) 691 1193
Posadres: Posbus 211, Heiderand 6511
E-pos: oscarehr@iafrica.com
Webblad by: www.oscarmusic.co.za
DIE EVANGELIE IN LIED AAN DIE NASIES

Shopping Cart
Information